NLU maak standpunt oor grondbelasting duidelik
Die Namibiese Landbou-unie sê na aanleiding van berigte, herhaal hy sy standpunt oor sake rakende grondhervorming en grondbelasting. Die unie erken die ongelykheid betreffende die besit van kommersiële landbougrond ten tye van die land se onafhanklikheid en ondersteun die land se grondhervormingsbeleid. Die unie het geen beswaar teen die kwytskelding wat aan vroeër benadeelde individue verleen is nie. Maar al word die huidige grondbelastingwaardes as regverdig en bekostigbaar beskou, erken die unie dat hierdie belasting ‘n impak op boere se winsgewendheid het, veral gedurende droogteperiodes. Weens die swak administrasie van grondbelasting, word boere nou gedwing om vier jaar se belasting in 2024 te vereffen.
Leave a Reply