Nog ‘n daggavonds, net buite Tsumeb
Nog ‘n aansienlike dagga-beslaglegging is gerapporteer, hierdie keer deur die polisie in die Oshikoto-streek. Die mag se misdaad-ondersoek koördineerder vir Oshikoto, adjunkkommissaris Titus Ekandjo, sê hulle het inligting bekom en laat gistermiddag ‘n 24-jarige man op die B-1 pad buite Tsumeb voorgekeer. Die man was met openbare vervoer op pad na Otavi. Hulle het sy rugsak deursoek en 500 pakkies skunk dagga gekry, wat sowat 19 750 Namibiese dollar werd is. Die verdagte sal na verwagting môre in die Tsumeb-landdroshof verskyn.
Leave a Reply