Nog ‘n klag teen Israel in Den Haag
Die Palestynse Departement van Buitelandse Sake het Chile en Mexiko se versoek verwelkom vir die Internasionale Strafhof om misdade teen burgerlikes in die oorlog tussen Israel en Gaza te ondersoek. Israeliese aanvalle het geweldige skade in die Gaza-strook veroorsaak sedert Hamas-vegters op 7 Oktober verlede jaar ‘n dodelike verrassingsaanval in Israel geloods het. Chile en Mexiko sê die Strafhof in Den Haag is die regte forum om die moontlikheid van aanspreeklikheid vir misdade te bepaal. Hulle haal verskeie verslae van die Verenigde Nasies aan van voorvalle wat ingevolge die hof se jurisdiksie as misdade beskou kan word.
Leave a Reply