Nog ‘n nadelige oudit, die keer, Zambezi-streeksraad
Die Zambezi-streeksraad het ‘n nadelige ouditopinie vir die 2021/22-boekjaar van ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang. Volgens Kandjeke se kantoor is die raad se finansiële state nie ‘n ware en regverdige beeld van die finansiële posisie nie. Die verslag onthul verder dat die ouditeure vir die 2021 finansiële jaar opgemerk het dat die raad aanpassings aan die openingsaldo van 52,3 miljoen Namibiese dollar gemaak het sonder toepaslike verklarings. Vir die 2022 finansiële jaar het die ouditeure ‘n verskil vir motorvoertuie van 638 625 dollar opgemerk. ‘n Daling in die waarde van bates, wat amper 8 miljoen dollar beloop, het ook vrae laat ontstaan. Kandjeke sukkel jaar op jaar met plaaslike owerhede en streeksrade wat eenvoudig nie beheer het oor hulle boeke nie.
Leave a Reply