Nog ‘n verdagte in AKA se moord aangekeer
Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die kletsrymer en vervaardiger, Kiernan ‘AKA’ Forbes, en sy vriend, Tebello ‘Tibz’ Motsoane. Dit volg nadat die provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, aangekondig het ses mense is aangekeer in verband met die moorde in Durban verlede jaar. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, hoop die deurbraak sal verdere insig bied in die vordering van die ondersoek en die regsverrigtinge rondom die hoëprofielsaak.
Leave a Reply