Krieket: Nóg slegte weer by As-reeks voorspel
Krieket: Joe Root van Engeland het daarin geslaag om die paaltjie van die Australiër Marnus Labuschagne Saterdag te midde van ontwrigtende reën te neem, maar hulle hoop om die As is steeds in die weegskaal, op die laaste dag van die vierde toets. Slegs 30 boulbeurte kon Saterdag op Old Trafford voltooi word. Labuschagne se 111 was slegs sy tweede honderdtal in ‘n oorsese toets. Nog slegte weer word vir vandag voorspel wanneer Australië hulle tweede beurt op 214 vir vyf hervat. Hulle het steeds ‘n agterstand van 61 lopies teen Engeland, wat 592 in hulle eerste beurt aangeteken het.
Leave a Reply