Noord-Korea vuur glo langafstand ballistiese missiel af
Noord-Korea het blykbaar vanoggend ‘n langafstand ballistiese missiel afgevuur wat net buite Japannese gebiedswaters geval het. Die afvuur van ‘n inter-kontinentale ballistiese missiel volg nadat Pyongyang vroeër die week gedreig het om Amerikaanse verkenningsvliegtuie af te skiet wat naby die Oossee gevlieg het. Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het Noord-Korea gemaan om sy programme vir ballistiese missiele en kernwapens te laat vaar. Dit skend die resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligsraad wat dit verbied.
Leave a Reply