Noord-Korea vuur kruisermissiele af
Noord-Korea het verskeie kruisermissiele van ‘n oostelike militêre hawe afgevuur, sê Suid-Korea se gesamentlike stafhoofde. Die missiele is vroeg die oggend gelanseer en is deur Suid-Koreaanse en Amerikaanse intelligensie-owerhede ontleed. Dit is Noord-Korea se derde wapendemonstrasie vanjaar te midde van toenemende spanning met Amerika, Suid-Korea en Japan. Amptenare in Washington en Seoel sê egter hulle sien geen tekens dat Pyongyang van plan is om militêre aksie te neem nie.
Leave a Reply