Norris spring voor weg by Britse F1 Grand Prix – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Norris spring voor weg by Britse F1 Grand Prix – Kosmos 94.1
Norris spring voor weg by Britse F1 Grand Prix – Kosmos 94.1



Motorsport: Norris spring voor weg by Britse F1 Grand Prix

Motorwedrenne: Die Britse Formule Een Grand Prix het vir die verrassing van die jaar gesorg met die McLaren-span se Lando Norris en die nuweling Oscar Piastri wat vandag op Silverstone net agter die wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull gaan wegspring. Dit is Verstappen se 27ste koningsposissie en sy 150-ste Grand Prix vir Red Bull. Norris is vir die eerste keer in die voorste ry van die wegspringrooster, terwyl Piastri in slegs sy tiende wedren in die derde posisie sal wegtrek. Vandag se wedren is die tiende Grand Prix van die seisoen, en die 74ste keer dat Brittanje die motorwedren aanbied. Die Britse Mercedes-jaer Lewis Hamilton het die resies al ‘n rekordgetal agt maal gewen, terwyl Mercedes agt van die laaste tien wedrenne gewen het.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.