Noue sakesamewerking met Angola is ‘n no-no
Betrekkinge tussen Namibië en Angola het baie vinnig verdiep, verby die vryheidstryd. Die Bank van Namibië het onlangs ‘n finansiële ooreenkoms geteken waar Angolese debietkaarte in Namibië gebruik kan word en Angola se industriële reus, die Karam Groep, het belangstelling getoon om in Namibië te belê. Namibiese president Nangolo Mbumba het ook onlangs na ‘n besoek in Angola lofliedere gesing oor Angola se oliebedryf. Terwyl die twee lande goeie betrekkinge het oor die vryheidstryd, het die nuwe ooreenkomste in sekere oorde kommer gewek. Kosmos 94.1 Nuus het met die Republikeinse party se president, Henk Mudge, gepraat wat sê Angola is een van die lande wat Namibië van moet wegbly.
Leave a Reply