NSFAF wil weet oor toelaes
Die Namibiese Studente-hulpfonds het ‘n opname van stapel gestuur oor nie-onderrig-toelaes. Die fonds is gereeld in die nuus met studente wat kla oor laat betalings, en somtyds, geen betalings sowel as die miljarde wat hy geskuld word. Nou het die fonds aangekondig dat alle begunstigdes sedert 2021 ‘n aanlynskakel per SMS sal ontvang om vrae te beantwoord oor die toelaag. Die fonds sê die opname wil bepalings maak en sy invloed op die persepsie van begunstigdes. Die opname sluit op 28 September.
Leave a Reply