NSFAS begin met herstellende proses
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in die buurland het met ‘n regstellende proses begin waarin indien daar bevind word dat studente verkeerdelik befonds is, hulle dit onmiddellik moet terugbetaal. Die skema het ten doel om onregmatige toewysing van fondse te voorkom en te verseker sy beleid word nagekom. Die woordvoerder, Slumezi Skosana, sê klagtes oor regstreekse betalings word ondersoek, en toepaslike stappe sal gedoen word indien die bewerings waar is. Skosana voeg by hulle sal voortgaan om belanghebbendes te betrek om waardevolle insette te bekom en die nodige verbeterings aanbring om studente se belange doeltreffend te dien.
Leave a Reply