Numsa soek antwoorde oor SAL-transaksie
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa vra die Spesiale Ondersoekeenheid moet ‘n diepte-ondersoek doen na die mislukte ooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Takatso-konsortium. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het Woensdag aangekondig die ooreenkoms om 51-persent van die SAL aan Takatso te verkoop, is van die baan, en onderhandelings sou nie uitloop op ‘n regverdige transaksie vir ‘n openbare bate nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is nie tevrede met Gordhan se verduideliking nie
Leave a Reply