Nuwe All Black afrigter het straks probleme
Scott Robertson se tyd as hoofafrigter van Nieu-Seeland begin op die agtervoet met die vertrek van verskeie van die beste All Black-spelers. Die haker Dane Coles tree uit na die Wêreldbekertoernooi, terwyl agt ander spelers in die Wêreldbeker-groep nie hulle kontrakte met die nasionale unie hernu het nie. Hulle besluit om elders te gaan speel beteken hulle kan volgens die land se reëls nie vir All Black-spanne gekies word nie. Die reёls is ingestel om te voorkom die Super Rugby- en provinsiale spanne word nie verswak nie.
Leave a Reply