NVG bevestig klopjag by Nasionale Vergadering-speaker se huis
Die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat het ‘n klopjag bevestig by die speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula se huis in Johannesburg. Volgens NVG-woordvoerder Mthunzi Mhaga hou die klopjag verband met korrupsiebewerings toe sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Sy het na bewering miljoene in kontant omkoopgeld gekry van ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-kontrakteur.
Leave a Reply