NVG wil ondersoekdirektoraat teen korrupsie vestig
Die Suid-Afrikaanse departement van justisie en korrektiewe dienste berei voor om die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Vervolgingsgesag in die parlement ter tafel te lê. Die doel met die wysigingswetsontwerp is om weer ‘n gespesialiseerde ondersoe-keenheid in die Nasionale Vervolgingsgesag in te stel wat die vorming van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie moontlik sal maak. Die besluit om ‘n gespesialiseerde ondersoekeenheid terug te bring volg op die bevindings van die staatskapingskommissie. Die voltydse aard van die eenheid sal Suid-Afrika se vooruitsigte bevorder om afgehaal te word van die Finansiële Aksie-taakspan se gryslys.
Leave a Reply