NWR is skuldvry
Namibia Wildlife Resorts Limited sê hy is skuldvry en kan dit so verklaar vir die huidige boekjaar wat op 31 Oktober eindig. In ‘n verklaring sê hy het al sy uitstaande langtermyn en statutêre skuld, insluitend uitstaande belasting, vereffen. Die bedrag was amper 94 miljoen Namibiese dollar. Die skuld was volgens die NWR ‘n langdurige finansiële uitdaging vir die maatskappy. Die besturende direkteur, dr. Matthias Ngwangwama, het groot vreugde hieroor uitgespreek en die personeel bedank, veral na die erge uitdagings tydens die Covid-pandemie.
Leave a Reply