Nzimande sal by Unisa-hofuitspraak hou
Die Suid-Afrikaanse hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, sê hy sal hou by die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat hom verbied om Unisa onder administrasie te plaas. Nzimande se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die minister bly bekommerd dat, hoewel die bevel in Augustus uitgereik is, dit lyk asof daar ‘n gebrek aan dringendheid was met die afhandeling van die saak. Nzimande beklemtoon die belangrikheid van die voldoening aan grondwetlike beginsels en maan die situasie moet nie lei tot ‘n skending van hierdie beginsels nie.
Leave a Reply