Oekraïne: Hommeltuie oor en weer gebruik
Die Russiese departement van Verdediging sê sy magte het tientalle hommeltuie in verskeie streke in die land vernietig. Die grootste aanval was in Krasnodar waar ‘n olierafinadery geteiken is. Amptenare in Oekraïne het hernude Russiese lugaanvalle in Odessa aangemeld. Die aanvalle het gebeur te midde van Rusland se omstrede algemene verkiesing wat president Vladimir Putin gewaarborg is om te wen. Daar word berig twee Oekraïnse hommeltuie het ‘n stemlokaal aangeval, wat die gebou aan die brand gesteek het, maar niemand is dood of beseer nie.
Leave a Reply