Oekraïnse ambassadeur in VK afgedank
Die Oekraïnse President Volodimir Zelensky, het sy land se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Vadim Prystaiko, afgedank. Hy het onlangs die President se reaksie op ‘n rusie oor die waardering vir Britse militêre hulp gekritiseer. Berigte lui hy het Zelensky se belofte om die minister van verdediging van die VK “elke oggend” te bedank as ongesonde sarkasme beskryf. Prystaiko was sedert 2020 in die pos in Londen. Zelensky het in sy aankondiging bygevoeg Prystaiko is ook as die Oekraïnse verteenwoordiger by die Internasionale Maritieme-organisasie verwyder.
Leave a Reply