Okahandja kry dalk eers môre krag
Dit wil voorkom asof die hooftransformator wat Okahandja van elektrisiteit voorsien, die einde van sy lewe bereik het. Nampower het probeer om ‘n mobiele transformator te installeer, maar tot dusver was dit onsuksesvol. Raadslid Charl Coetzee sê hulle is nou besig om die ou transformator te vervang en ‘n nuwe transformator is van Windhoek af op pad. Tans is die mees waarskynlike scenario dat die krag eers môremiddag terug sal wees. Alle elektriese punte moet as lewendig hanteer word aangesien die krag te enige tyd aangeskakel kan word.
Leave a Reply