Olietenkskip brand na Houthi-aanval
’n Olietenkskip, die Marlin Luanda, is aan die brand in die Golf van Aden, en Houthis sê hulle het dit met ’n missiel getref. Operator Trafigura sê die aanval het ‘n brand in een van die skip se vragtenks veroorsaak en brandbestrydingstoerusting word gebruik om dit te bedwing. Amerikaanse amptenare sê die tenkskip is deur ‘n anti-skip ballistiese missiel getref en ‘n vlootskip het op sy noodsein gereageer. Geen beserings is aangemeld nie.
Leave a Reply