Omaheke-jeug betreur afwesigheid van geleenthede
Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het konsultasies met die jeug, oor werkloosheid, in Omaheke gehou. Die komitee reis op die oomblik regoor die land in die verband, na ‘n mosie deur die PDM LP Inna Hengari ter tafel gelê is. Die jongmense in die streek kla oor ‘n gebrek aan kommunikasie kanale wat hulle van geleenthede kan inlig maar, vaardighede ontbreek. Du Plessis-plaas staan volgens hulle doodstil en die fasiliteit kan as ‘n ambag-opleidingsentrum benut word. Die streek het nie een vakopleiding-sentrum nie. Nes in ander dele van die land, kla hulle ook oor die huidige stelsel van lenings wat waarborge nodig het. Die jongste statistieke wat beskikbaar is dui aan dat 40 persent van die mense in die streek werkloos is.
Leave a Reply