Omgewingsministerie ontvang net drie tenders vir 40 krokodille
Die omgewingsministerie het slegs drie aanbiedinge ontvang vir die tender vir die verkoop van 40 krokodille. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het bevestig dat daar vandeesweek ‘n evaluering oor die tender gedoen sal word. Die ministerie het verlede maand die verkoop van 40 krokodille aangekondig in ‘n poging om mens-dier-konflik aan te spreek in reaksie op die toenemende aantal voorvalle van krokodil-aanvalle op mense en vee in die noordoostelike streke van Kavango-Wes en -Oos en Zambezi. Vergoeding van 2,3 miljoen Namibiese dollar is vir verliese uitbetaal wat deur krokodil-aanvalle veroorsaak is. Kosmos 94.1 Nuus het met Muyunda gesels…
Leave a Reply