Omkoper 18 maande tronk toe gestuur
Landdros Nanghali Aikuhi het die 53-jarige Wilhelm Gideon wat probeer het om ‘n polisiebeampte om te koop, tot 18 maande tronkstraf en sy omkoopgeld van 20 000 Namibiese dollar in die Outapi-landdroshof gevonnis. Sy voertuig, ‘n Toyota Land Cruiser is ook verbeurd aan die staat verklaar. Volgens die Teenkorrupsie-kommissie het beamptes van die gesondheidsministerie glo met Gideon se voertuig gesteelde farmaseutiese produkte van die Ondimba-kliniek vervoer toe hulle naby die Oikokola-grenspos met Angola in die Omusati-streek vasgetrek is. Daar is beslag gelê op Gideon se voertuig en hy het probeer om die ondersoekbeampte om te koop om sy voertuig terug te gee.
Leave a Reply