Onafhanklikheid in staatskaping-vervolging bo verdenking: NVG
Die adjunk nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Anton du Plessis, sê die Nasionale Vervolgingsgesag se onafhanklikheid rakende besluite oor vervolging van staatskapingsgevalle is bo verdenking. Hy het in Kaapstad op The Gathering 2024 van Daily Maverick gesê die NVG het die afgelope vyf jaar skuldigbevindings verseker teen 700 senior regeringsamptenare en meer as 200 sake teen selfs die mees senior staats- en private amptenare geopen. Du Plessis sê die NVG moet op grond van bewysstukke optree en mag nie aan druk toegee nie.
Leave a Reply