Onder-21 netbalspan gaan na Afrika Wêreldbeker-uitdunne
Die nasionale onder-21 netbalspan het vanmiddag na Pretoria vertrek, waar hulle aan die Afrika Wêreldbeker-uitdunne gaan deelneem. Die uitdunne-toernooi vind van Saterdag tot 24 Maart plaas, en die span sal teen Malawi te staan kom in hul eerste wedstryd. Die Wêreldbekertoernooi word volgende jaar in Gibraltar gehou. Die voorsitter van die Namibiese Sportkommissie, prof. Cilas Wilders, het die span en hul afrigters toegespreek by die amptelike afskeidsgeleentheid.
Leave a Reply