Ondersoek na Johannesburgse middestad-brand traag
Die DA in Gauteng dring aan om te weet wat die rede is vir die vertraging in die kommissie van ondersoek na die brand in die Johannesburgse middestad. Meer as sewentig mense is dood en verskeie beseer toe die gekaapte gebou in Augustus begin brand het. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê die kommissie moet volgens die opdrag onmiddellik met sy werk begin, veral aangesien bykomende brande sedert die brand in Marshalltown toon die afhandeling is spoedeisend.
Leave a Reply