Ondersoek na ligte vliegtuig-ongeluk aan die kus oor feestyd
Die loods van ’n ligte vliegtuig wat vir toeriste-vlugte langs die Namibiese kus gebruik word, het tydens die feesseisoen ’n noodlanding op die B2-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgevoer. Daar was vermoed dat enjinprobleme die rede vir die noodlanding was. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die vervoer-ministerie, kaptein Magnus Abraham, wat sê hulle ondersoeke sover het geen meganiese probleme gevind nie en hulle kyk nou na hoe die vliegtuig ten tyde van die voorval gebruik is.
Leave a Reply