Ondersoek oor grondboontjiebotter plaaslik geloods

Home Uncategorized Ondersoek oor grondboontjiebotter plaaslik geloods
Ondersoek oor grondboontjiebotter plaaslik geloods

Ondersoek oor grondboontjiebotter plaaslik geloods

Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland het die publiek gewaarsku om die gebruik van sekere handelsmerke grondboontjiebotter onmiddellik te staak. Daar is bevind dat die produkte hoër as aanvaarbare vlakke afla-toksiene bevat, wat ernstige gesondheidsprobleme kan veroorsaak. Dit sluit in ‘n hoër risiko om kanker te kry. Botswana se gesondheid-departement sê die betrokke handelsmerke se produkte het die land nog nie bereik nie, maar inwoners gewaarsku om vir eers versigtig te wees. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die handel-ministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hulle sal bepaal of die geaffekteerde produkte al in Namibië is. Indien hulle die produkte vind, sal die verbruikers-beskermingseenheid onder die ministerie ‘n verklaring uitreik.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.