Ondersteuners van oudpremier Imran Khan landwyd in Pakistan aangehou
Meer as 50 ondersteuners van die voormalige Pakistanse eerste minister Imran Khan word op verskeie plekke in die land aangehou in verband met Saterdag se betogings teen sy drie jaar-gevangenisstraf vir korrupsie. Mense is onder meer in die stede Lahore en Karachi in hegtenis geneem. ‘n Hof in Islamabad het die oud-krieketster daaraan skuldig bevind dat hy versuim het om geld te verklaar wat hy verdien het deur die verkoop van staatsgeskenke. Khan het aangedui dat hy gaan appelleer. Sy arrestasie en aanhouding vir verskeie dae in Mei oor ‘n afsonderlike saak, het intense politieke woelinge en noodlottige konfrontasies tussen sy ondersteuners en die polisie ontketen.
Leave a Reply