Onmoontlik dat Esau nie die adminstratiewe werk voorberei het nie
Die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, se borgtogaansoek duur steeds in die hoërhof deur regter David Munsu voort. Esau het vroeër gesê hy was nie betrokke met die papierwerk en administrasie nie en het staatgemaak op sy destydse permanente sekretaris vir die pligte. Die Teenkorrupsie-kommissie se hoof ondersoekbeampte Andreas Kanyangela getuig op die oomblik en sê dit is onmoontlik dat Esau nie self die dokumentasie, veral in verband met die Angolese kontrak, opgetrek het nie.
Leave a Reply