Onthou van die belasting-amnestieprogram!
Namibiërs word herinner aan die Namibië Inkomste-agentskap se belasting-amnestieprogram, wat op 31 Oktober verstryk. Die agentskap het reeds ‘n netto bedrag van meer as 57 miljard Namibiese dollar ingesamel, oftewel 80 persent van die totale inkomsteteiken vir die 2023/2024-boekjaar. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die nasie daaraan herinner. NamRA doen ‘n beroep op belastingbetalers om die oorblywende nege maande van die huidige amnestieprogram te benut.
Leave a Reply