Ontsnapte gevange by Omaruru gearresteer
Die gevaarlike gevange wat Maandag tydens ‘n besoek aan die Windhoek Sentrale Hospitaal ontsnap het, is vanoggend weer in Omaruru se Sewende Laan-informele nedersetting in hegtenis geneem. Isak Alfeus, wat oorspronklik van Omaruru is, is deur korrektiewe beamptes van die Omaruru-korrektiewe fasiliteit gearresteer, waar hy tans aangehou word. Alfeus is destyds in die Omaruru-landdroshof tot 38 jaar gevonnis vir drie aanklagte van verkragting en huisbraak met verswarende omstandighede.
Leave a Reply