Ontsnapte gevangene weer agter tralies
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig dat die gevange Isak Alfeus by Omaruru opgespoor is. Hy het Maandag tydens ‘n besoek aan die Windhoek Sentrale Hospitaal vir ‘n sonar ontsnap. Alfeus is vanoggend omstreeks tien-uur in dorp se Sewende Laan-informele nedersetting in hegtenis geneem deur korrektiewe beamptes van die Omaruru-korrektiewe fasiliteit. Hy sal teruggebring word na die hoofstad waar hy tronkstraf van 38 jaar uitdien. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte by die Windhoek-korrektiewe fasiliteit Oberts Mulisa gesels…
Leave a Reply