Onwettige, goedkoop diesel glo ‘n ou kwaal
Daar is berigte van diesel wat blykbaar regoor die land teen rondom 18 Namibiese dollar ‘n liter verkoop word – van die noorde regdeur tot die suide. Terwyl die CC wat die brandstof adverteer ondersoek word en daar nog bepaal moet word of dit geregistreer is of nie, sê Jafet Nakanue, ‘n brandstof-kleinhandelaar in die noorde, die tipe ding is algemeen. Hy voeg by hulle het reeds talle male gekla.
Leave a Reply