Onwettige mynbou nie oorsaak van Jozi-ontploffing
Die Suid-Afrikaanse departement van minerale bronne het bewerings weerlê van moontlike onwettige mynbou as die oorsaak van Woensdag se dodelike ondergrondse ontploffing in die Johannesburgse middestad. Die woordvoerder, Ernest Mulibana, sê daar is geen goudmyne in die gebied nie. Die ontploffing in Breëstraat, het tot een sterfte gelei, terwyl 48 mense beseer is. Mulibana sê in hierdie stadium is die presiese oorsaak van die ontploffing onbekend, maar die moontlikheid dat gas ʼn rol gespeel het, kan nie uitgesluit word nie.
Leave a Reply