Onwettige visvang kom ook voor by Von Bach, Swakoppoort
Intelligence Support Against Poaching, bekend as Isap, sê dat hulle tans sowat vyf visvangnette per week uit Von Bachdam naby Okahandja verwyder. Pogings om die groot probleem van onwettige visvangbedrywighede by Von Bach te bekamp, is aan die gang tussen die eienaars van erwe by die dam en die omgewingsministerie. Onwettige vissermanne gooi nette in die nouer dele van die dam, wat veroorsaak dat diere in die nette verstrengel raak en vrek. Dieselfde probleem kom ook by die Swakoppoortdam voor. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp naby Rundu, kla voortdurend oor die onwettige visvang met nette in die Okavangorivier. Fritz Kaufmann, Isap se hoof uitvoerende beampte het met Kosmos 94.1 Nuus oor hul uitdagings gepraat…
Leave a Reply