Oorlog in Sudan vererger hongersnood – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Oorlog in Sudan vererger hongersnood – Kosmos 94.1
Oorlog in Sudan vererger hongersnood – Kosmos 94.1



VN: Oorlog in Sudan vererger hongersnood

Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram vra onmiddellike steun om vrede en bestendigheid te handhaaf in Wes- en Sentraal-Afrika. Hy sê die uitkring-uitwerking van die oorlog in Sudan vererger hongersnood en migrasie in die streek, put skaars bronne vinnig uit en plaas nog meer druk op die reeds onder-befonsde humanitêre hulp. Dit vererger ook spanning tussen gemeenskappe. Die program-direkteur Cindy McCain maan die uitwerking sal verwoestend wees vir vrede en bestendigheid in ‘n streek wat reeds gebuk gaan onder klimaat-uiterstes, ‘n gebrek aan sekerheid en ekonomiese agteruitgang.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.