Oorsaak van dood van aangehoudene nog onbekend
Die oorsaak van die dood van ’n 29-jarige verhoorafwagtende verdagte by die Oshakati-polisie se aanhoudingselle, is nog onbekend. Jackie Visagie is Woensdag dood, byna twee weke ná sy inhegtenisneming. Visagie is Dinsdag in die Oshakati-staatshospitaal behandel nadat hy van borspyn en geswelde voete gekla het. Hy is op 16 Julie saam met ander verdagtes in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal. Oshana-streek se polisiebevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Leave a Reply