Opuwo-dorpsraad word N$39m geskuld
Die Opuwo-dorpsraad sê hy is besig is om sowat 39 miljoen Namibiese dollar in uistaande waterrekeninge in te vorder. Die raad het reeds begin om dienste af te sny. Daar word berig dat Opuwo se skuld aan NamWater reeds 33 miljoen dollar beloop terwyl hy 3 miljoen dollar aan Nored verskuldig is. Dit is ‘n prentjie wat hom regoor die land herhaal by talle plaaslike owerhede. Hulle is nie in staat om rekeninge te betaal nie omdat inwoners nie rekeninge betaal nie. Opuwo vra sy inwoners om ten minste 30 persent van die uitstaande skuld af te los om weer dienste te bekom. Die raad oorweeg ook om van die pensioenarisse op die dorp se skuld af te skryf maar het nie besonderhede bekend gemaak nie.
Leave a Reply