Oscar Pistorius is weer verlief
Die voormalige Paralimpiër Oscar Pistorius is glo in ‘n nuwe romantiese verhouding, etlike maande nadat hy op parool vrygelaat is vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013. Pistorius, nou 38, is in Januarie vanjaar op parool vrygelaat nadat hy die helfte van sy vonnis van 13 jaar uitgedien het. Sedertdien het hy glo begin uitgaan met die 33-jarige sakekonsultant Rita Greyling, ‘n jarelange familievriend, van Wakkerstroom in Mpumalanga.