Otji verskuif onwettige boere
Die Otjiwarongo-munisipaliteit het uitsettingskennisgewings aan vee- en saaiboere uitegreik. Die boere is blykbaaar besig met onwettige boerdery-aktiwiteite rondom die dorp. Otjiwarongo-burgemeester, Gottlieb Shivute, sê altesaam 27 boere, wat onwettig op munisipale grond boerderye bedryf het kennisgewings ontvang. Die boere beset meestal die gebied suidoos van die dorp. Shivute sê ook dat sy kantoor 4 000 aansoeke vir woonerwe het, en die gebied is een wat deur die munisipaliteit geïdentifiseer is. Hy voeg by dat inwoners wat op die plaaslike owerheidsgrond wil boer, aansoek kan doen omdat daar grond is wat spesifiek vir landboudoeleindes is, en wat oos van die dorp geleë is.
Leave a Reply