Ou owerspel-wet dalk gou geskrap
’n Eeu-oue wet wat owerspel onwettig maak in die Amerikaanse deelstaat New York, kan uiteindelik herroep word. Die wet van 1907 het ‘n vonnis van tot drie maande tronkstraf opgelê. Na slegs ‘n paar weke was ‘n getroude man en ‘n 25-jarige vrou die eerste mense wat ingevolge die wet in hegtenis geneem is nadat die man se vrou hom vir ‘n egskeiding gedagvaar het. NBC News berig slegs sowat 12 mense is sedert 1972 aangekla, van wie vyf skuldig bevind is. ’n Wetsontwerp word nou voorberei om die wet nietig te verklaar.
Leave a Reply