Smokkelary: Oud-dwelmhoof waarsku lankal
Dwelmsmokkelary word ‘n wesenlike uitdaging vir Namibiese owerhede. In Augustus is dwelms ter waarde van meer as 3,5 miljoen Namibiese dollar deur Nampol afgevat. En kort op die hakke van daardie verslag, het die polisie deur middel van ‘n intelligensie gedrewe operasie, ‘n man vasgetrek met 113,47 kilogram dagga ter waarde van net meer as 5,6 miljoen Namibiese dollar. Die oudhoof van die dwelmeenheid by Nampol, kommmissaris Hermie van Zyl, waarsku reeds lank dat Namibië ‘n transito-land vir dwelms sal word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die mag het.
Leave a Reply