Rugby: Oud-Springbokkaptein Theuns Stofberg steeds in bedenklike toestand
Rugby: Die voormalige Springbok-kaptein Theuns Stofberg is steeds in ’n bedenklike toestand in die hospitaal, ná ’n ongeluk buite Stellenbosch in die Wes-Kaap Maandagaand. Hy het volgens berigte veelvuldige beserings opgedoen in die botsing op die Koelenhofpad waarby drie voertuie betrokke was. Die 68-jarige flank en slot het van 1976 tot 1984 21 toetse vir Suid-Afrika gespeel, en 30 punte aangeteken. Hy het ook vir Vrystaat, Noord-Transvaal en Westelike Provinsie gespeel, en die Curriebeker by al drie die spanne verower.
Leave a Reply