Ouers nodig om dwelms te bekamp – kenner

Home Uncategorized Ouers nodig om dwelms te bekamp – kenner
Ouers nodig om dwelms te bekamp – kenner


Ouers nodig om dwelms te bekamp – kenner

Die Erongo-polisie het vandeesweek beslag gelê op 80 Mandrax-tablette en 1,336 kilogram skunk-dagga ter waarde van sowat 76 400 Namibiese dollar in Walvisbaai. Daar is ook Mandrax, skunk-dagga en kokaïen ter waarde van net meer as 9 000 dollar in Narraville gevind. Die Erongo-goewerneur het voorheen sy kommer uitgespreek oor die toenemende dwelms en maklike toegang daartoe in die streek. Skoolkinders word ook glo nou as dwelmmuile gebruik word. Die beskikbaarheid van dwelms in gemeenskappe, by skole en op speelgronde dra grootliks by tot misdade deur jongmense. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, wat sê ouers moet nou help om die probleem hok te slaan. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.