Ouers spandeer kindertoelae aan drank, sê oud-kinderadvokaat

Home Uncategorized Ouers spandeer kindertoelae aan drank, sê oud-kinderadvokaat
Ouers spandeer kindertoelae aan drank, sê oud-kinderadvokaat


Ouers spandeer kindertoelae aan drank, sê oud-kinderadvokaat

Wêreldwyd het 1,4 miljard kinders jonger as 16 jaar geen vorm van sosiale beskerming nie, wat hulle kwesbaar maak vir siektes, swak voeding en armoede. Dit is volgens nuwe data wat deur die Internasionale Arbeidsorganisasie, Save the Children en Unicef vrygestel is. In lae-inkomste lande het minder as 1 uit 10 kinders toegang tot kindervoordele. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann, die oud-kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, hieroor gepraat, veral omdat daar verlede jaar 45 kinders in die Omaheke-streek aan wanvoeding gesterf het, terwyl 132 gevalle van wanvoeding aangeteken is. Husselmann sê in Namibië is dit onder meer ‘n sosiale probleem, want die regering gee wel toelae, maar dit word aan drank bestee en nie kos vir die kinders nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.