Oxfam kap Israel oor gedrag in Gaza
Die globale teen-armoede liefdadigheid Oxfam sê Israel belemmer opsetlik humanitêre bystand aan Gaza, en verbreek internasionale humanitêre wette. Volgens die organisasie keer Israel sistematies hulp-aflewering aan die Palestynse gebied, ondanks ‘n noodbevel deur die Internasionale Geregshof. Hulle kritiseer Israel vir die katastrofiese toestand in Gaza en omdat hy nie burgerlikes beskerm nie. Oxfam veroordeel Israel se ondoeltreffendheid met hulp-inspeksies en die arbitrêre verwerping van noodsaaklike items. Die liefdadigheid waarsku oor ernstige gevolge, met 1,7-miljoen Palestyne wat kan honger ly.
Leave a Reply