Pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah steeds gesluit
Die Namibiese Paaie-owerheid het bevestig dat die distrikspad 212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah steeds gesluit is. Die pad word steeds as onveilig vir padgebruikers beskou weens die nat en gladde toestande ná swaar reën in die Karas-streek op sommige dele van die pad. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die owerheid Hileni Fillemon gepraat wat sê dat die pad hopelik môre sal heropen.
Leave a Reply